Keshia Davids is net 'n doodgewone skoolmeisie wat saam met haar doodgewone gesin bly ... tot die dag toe sy sien hoe iemand op haar kleinsus pik by die skool en daar skielik ligstrale uit haar vingers skiet! Dis tyd om die waarheid oor haar gesin uit te vind ... en met haar superheld-opleiding te begin!.