Katryn is Winnie Rust se laaste boek. Dis die 1860’s. Op Wellington is die koms van die stoomlokomotief en die bediening van die nuwe predikant Andrew Murray ewe groot nuus. Die pad na die goudvelde van die noorde is oop die Masonic-hotel op die dorp floreer en die geestelike herlewing het ’n nuwe vroomheid na die Boland gebring.