Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai â die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry.