Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees maar wat hy nou alles oor die SAPD lees... Hy't juis 'n ander werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nog te staan en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie wapenhandel-korrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries.