Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar met sy fokus op opvoeding en onderwys 'n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing selfrespek en aansien.