Kaaps as Afrikaanse omgangsvarieteit word deur verskillende outeurs vanuit diverse invalshoeke betrag. Die boek beslaan nege hoofstukke in twee afdelings wat onderskeidelike die taalkundigheid en die kontekstuele gebruike van Kaaps bekyk. Dis gebaseer op referate wat gelewer is by die eerste simposium oor Kaaps in 2012.