Wenner van die Costa Kinderboek van die Jaar 2013. Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom.