Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie. Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op.