Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Die wereld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literere hondeskou. Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla - geheimsinnige dierespore tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is.