Leliesvlei se atletiekbyeenkoms le om die draai en net die heel beste atlete sal kwalifiseer om later in Kaapstad te gaan deelneem. Dit was nog altyd Jasper se groot droom om Tafelberg te sien en in die groot onrustige branders van die see te swem! Hy begin dadelik pligsgetrou oefen maar besef gou dat hy spykerskoene benodig.