Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale geleentheid om sy speursin op die proef te stel â hy wou tog nog altyd ân bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die polisie in die hande kry?