Isabella durf saam met Gideon die harde mynwereld van die Noord-Kaap aan. Na haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses: sy vind haar kopdokter in die suidoos op Bloubergstrand. ?Isabella ?is ân deurdagte verkenning van ân ongewone moederskap.