Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo.