Met Insektarium en ander gedigte sluit Johann Lodewyk Marais aan by die omgewingspoësie van sy bundels Verweerde aardbol, Aves, Diorama en in die bloute. Die klem val hier op die kleiner, niemenslike lewende wesens, die samehang van lewensvorme en die mens se rentmeesterskap oor die oorlewing van spesies.