Inboekelinge. Die seun aan die tou sien ân swart meisie vanuit ân tuitkappie na hom staar. Eers later toegesluit in ân smidswinkel sal hy agterkom wie en wat sy is. En as hy saamgeneem word op ân ekspedisie om gesteelde vee terug te kry sal hy te staan kom voor die godskreiende werklikheid van haar lewe.