Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902â1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die âhoogtepunt van die hele Imperiale gedagteâ wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig.