Het jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van n vallei was? n Versameling onderwerpe uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks is nou vir die eerste keer beskikbaar. Verstommende feite en infografika sal help om nuuskierige kinders te kweek en volwassenes opnuut laat besef hoe min hulle eintlik oor Suid-Afrika en die fassinerende wêreld om ons weet.