Lulu verjaar en kry `n ponie vir haar verjaarsdaggeskenk! Sy begin met rylesse en vind uit van die groot ryskoolpiekniek. Al die ruiters en hul ponies gaan kostuums dra en sy kan nie wag om hare te ontwerp nie! Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef en Lulu beland in haar grootste avontuur nog...