Afrikaners van die vorige eeu trek die onbekende in en gaan woon tussen swartes; gaan woon as Protestante tussen Rooms-Katolieke; gaan woon in Wes-Afrika waar die eerste onafhanklike swart beweging in die Christelike kerk op hierdie kontinent begin; gaan woon as vryheidsmense onder die juk van die Portugese. Wat was die Dorslandtrekkers se lotgevallein die verre vreemde land van water en worstelinge? Die antwoord op hierdie vraag word bladsy an bladsy rondom die figuur van Paul van der Walt oopgevou.