Die maan sit al hoog. Hekselientjie word wakker. Als is tjoepstil in Heksiebos. Slaap almal dan nog? Sy steek haar koppie by die deur uit ... Brullende besems! Wat gaan dan nou aan? Die hekse en heksies loop almal en snuif en snik. 'Ek gaan 'n draak met trane soek' se Hekselientjie dapper.