In die bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte en nie almal is mooi nie. Hierdie versameling topskrywers verken die liefde in vele gedaantes: Moederliefde gewelddadige liefde verbode liefde erotiese liefde liefde tot die dood toe ... Want die liefde verdra alles maar die liefde het dikwels tande.