Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee Europese vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu.