Gideon Lancaster 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis.