In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het verander die ontwerp beginsels ietwat en kundige praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel.