Die grasfamilie bekend as Poaceae is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse soos mielies koring rys en suikerriet (almal grasse) is steeds ons belangrikste bron van energie.