Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ân liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese waters van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ân vinger te verroer.