Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke wat nog nooit gepubliseer is nie is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ân bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer.