Volg Andre Pretorius 500 jaar na die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517 in die spore van die groot Hervormers - Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar die sleutelsepisodes van daardie grootse rewolusie afgespeel het en sien hoe daardie plekke nou lyk.