In Die geheim van die woud lees 'n ma vir haar kinders Amelie en Roland elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies Oortjies en Tongetjie en 'n woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook 'n wolf.