Fielies kan nie help om klokslag vieruur in die oggend wakker te word en op die bed te spring nie. Pettson raak baie kwaad as Fielies hom so vroeg wakker maak. Daarom besluit Fielies om uit te trek...Maar hoe lank sal die twee onafskeidbare vriende sonder mekaar kan uithou?