Die Eerste Wereldoorlog gooi Sean Courtney en skerpskutter Mark Anders se lot in Frankryk saam. In ’n wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun op die spits gedryf word. Wildernis is die vertaling van A Sparrow Falls.