Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kerel haar woonstel in Tamboerskloof asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan 't vasklou was - alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai.