As iemand Kath-Lien Carstens glansvrou en topskrywer nou met die treffer in haar hand moet sien is die land aan die gons! Sy weet maar alte goed die aasvoels van die smeerpers slyp hulle gifpenne om enige skande van bekendes teen die lamppale uit te basuin. Kath-Lien mag dalk die pers ontduik.