Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie 'n brak sonder 'n pedigree kritiseer haar graag - veral Zoe se losloop-leefstyl. Dis tyd vir die late bloomer om koers te kry. Is Zak die wannabe danser dalk haar trouman? Of eerder Zander die bekende skrywer wat boonop haar verstand stil soen?