Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf 'n diploma in haarkappery en begin 'n haarsalon in haar tuisdorp sodat sy haar ma kan versorg.