Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was 'n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: "As dit letterkunde is dan is 'n bordeel 'n Sondagskool" tot die stelling dat dit die "grootste roman is wat nog uit Suid-Afrika voortgekom het".