Inboekelinge. Die seun aan die tou sien ’n swart meisie vanuit ’n tuitkappie na hom staar. Eers later toegesluit in ’n smidswinkel sal hy agterkom wie en wat sy is. En as hy saamgeneem word op ’n ekspedisie om gesteelde vee terug te kry sal hy te staan kom voor die godskreiende werklikheid van haar lewe.