Phillip is 'n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by 'n finansiele instelling in Bellville werk. Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeen.