Agent Rex Reynecke lei 'n Valke-ondersoek en spoedig blyk die verdwyning van sy meisie se broer verband te hou met die ABO se Krugermiljoene. Rex moet hom red van die duistere Ysterhoutlaer. In die aksiebelaaide roman bou die spanning op tot by Skukuza se stofpaaie wat nie vir kat-en-muis-speletjies met kragtige voertuie gemaak is nie...