Nadine word onverwags met kanker gediagnoseer. Skielik moet sy die aanslae op haar liggaam hanteer terwyl haar man Pierre ook na sy eie antwoorde soek. Agter die glans van al dr. Althea Laubscher se suksesse loop haar verhouding met haar gesin op die rotse. Waar het sy verbrou? ’n Aangrypende roman oor die liefde volharding en hoop.