Die selfmoord van haar vriendin Mignon laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In ’n brief vra Mignon vir Maggie om ’n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert ’n eks-Getuie soos Mignon is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onvergeeflike daad. Wat het hierdie vroue tot sulke uiterstes gedwing – en speel hul godsdiens’n rol?
Author:
Barkhuizen-le Roux, Christine
Publisher:
Human & Rousseau