Kortverhale op die snykant van die liefde dit is Izak de Vries se jongste bundel. Wesenlik gaan hierdie verhale oor twee kompulsies: die liefde en skryf oor die liefde. In 'n sekere sin gaan dit oor die soeke na die volmaakte liefdesverhaal – op papier sowel as in die lewe.