Paula Krige word na Lesotho se berge gelok om die tergende raaisel van haar man se gifpylmoord en die moord op haar dogtertjie te ontrafel. Haar seuntjie het ook weggeraak. Leidrade op die toneel oortuig haar daarvan dat daar die aand 'n trance-dans in haar huis uitgevoer is.