Dirk Mudge publiseer op 87-jarige ouderdom sy langverwagte outobiografie. Hierdie besonderse man was vir 33 jaar voltyds betrokke by die politiek van Suidwes-Afrika en later Namibie. Hy betree die politiek in 1960 toe hy lid word van die wetgewende vergadering onder die Nasionale Party van Suidwes-Afrika.