Elton April is kwater as kwaad. Hy moet gereeld instaan as verpleegster vir die aftreeoord se kwinte en kwale. Gelukkig kry hy noodhulpopleiding by Hoerskool Horison waar hy nou in Gr 8 is. Sy beste pelle is na 'n ander skool toe en Jireh die skarminkel van die fletse is 'n senior by Horison. En sy ma is swanger. Die aarde kan hom maar insluk.