In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag â¦\Witbaadjies. DÃt is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen 'n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog 'n Gravitas-avontuur.