In Elke duim ’n koning is twee gevierde figure in die Afrikaanse toneelkuns se kragte aan die werk. Die begaafde Suid-Afrikaanse akteur André Huguenet het sy lewe as Klein-Gert Borstlap begin; ’n spoorwegkind wat bestem was om die pad te baan vir Afrikaanse beroepstoneel in Suid-Afrika, uiteindelik op uitnodiging klassieke rolle in Europa se voorste teaters op te tree en by herhaling bekroon te word.