Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters Nelia en Adri werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie Carine aan.