Op n sendingstasie in die destydse Rhodesië beleef die kind Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, soos sy ouer word, met groeiende ontnugtering. Daar is die onderliggende politieke spanninge van die 1970s waarvan sy net skrams bewus is en die geboorte van haar boetie wat haar noodgedwonge in die rol van dogter en vrou-in-wording plaas. Wanneer Marié en haar vriendin Hanneke n omstrede dokument beetkry en lees, begin Marié se kinderlike illusies verder kraak.