Hierdie titel bied jou 'n vars kykie op kruissteek en verskaf idees vir stylvolle sagte meubelering. Dit bevat projekte vir elke smaak: van delikate klawerblare op 'n kussing met 'n kant-randjie tot 'n uitbundige brandrissie-ontwerp geborduur op 'n ryk fluweel-rolkussing.